Regsgevolge by die sekwestrasie van ‘n eienaar van grond
20 February 2013
Die sekwestrasie van ‘n eienaar van grond kan kompleks wees en verreikende gevolge inhou vir partye wat belange by die... grond het. Indien u dus ‘n koper, verkoper, huurder of verhuurder van vaste eiendom is of moontlik op skei staan en daar vaste eiendom ter sprake is in die skeigeding, mag die bankrotskap van die ander party of gade van uiterste belang wees vir jou regte ten opsigte van die betrokke grond.