Waar om te begin met ‘n nuwe besigheid?
25 April 2013
Louis droom al jare daarvan om sy eie besigheid te begin, maar kon nog nooit die geskikte perseel kry om... hierdie stap te neem nie. Nou is daar ‘n winkel perseel beskikbaar met die ideale ligging en Louis se droom begin na ‘n realiteit lyk. Louis se finansies is reg en hy het ook ‘n moontlike vennoot geïdentifiseer om saam die besigheid mee te begin. Die tyd is reg, maar Louis krap nog kop oor waar om te begin en wat regtens gesproke alles gedoen moet word om die besigheid af te skop. Kom ons gaan kyk wat sy hoofverpligtinge sal wees.